Rappies-skaak groei van krag tot krag

Rappies loop oor van trots nadat twee van hul skaakspanne hul onderskeie D2-liga's gewen het en boonop aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem het.

Laerskool Rapportryer is trots om twee spanne, wat ‘n eerste plek behaal het in die D2-liga, na die Gauteng Skaakkampioenskappe te stuur.

Onder leiding van die skaakafrigter Harry Collins het die spanne verlede maand kragte gemeet teen 45 distrikte.

Volgens skoolwoordvoerder Esme Botha was die kompetisie baie sterk en die dag baie lank maar met die nodige deursettingsvermoë het Rapportryer die dag op ’n hoë noot geeïndig.

Rappies se o9-seunsspan. Foto ingestuur.

“Die o13-dogterspan het ‘n derde plek behaal en die o9-seunsspan die 6de plek,” het Esme gese.

Sy het bygevoeg, “Rapportryer is trots op vanjaar se skaaksukses. Ons skaak groei van krag tot krag. Leerders is deel van Wes-Rand Skaak en Rapportryer het ‘n skaakklub ‘Elite Chess’ op die been gebring wat oop is vir die hele gemeenskap – oud en jonk. Almal wat ‘n liefde het vir skaak is welkom.

“Kom ons maak elke beweging die moeite werk.”

Exit mobile version