BRIEF: ‘Ek weet Oom is op ‘n baie beter plek’

Susterskind van die oorlede Theo Jonker skryf 'n totsiens-brief.

• Ansie Fourie skryf:

Oom Seun (Theo Jonker), my ma was baie lief vir Tannie Annalie. Dit was so hartseer toe sy weg is.

Toe ons hoor van Tom was dit so onwerklik. Oom het gereeld kom kuier op die plot, en steeds kom kuier na my pa se dood, toe was dit net oom en my ma (enigste sussie wat nog gelewe het).

Oom was daar die dag toe sy ook weg is. Oom was ook daarna die een wat gereeld gevra het ‘Hi, vreemdeling, hoe gaan dit?’

• Lees ook: Jonker-gesin rou ná geliefde pa se dood

Oom was die een wat as ek ‘af’ gevoel het, gesê het ‘smile ‘n bietjie’ … Oom het gevra oor die familie, hoe gaan dit met almal? Ons het geselsies oor die kinders en klein kinders gedeel. Oom het in middel van nag gevra, ‘Ja naguil, hoekom slaap jy nie?’

Oom was die laaste ‘link’ wat ek gevoel het ek nog met my ma as (Jonker) het. Oom het gesê oom sal vir my ‘n plantjie maak van my ma se grenadella, bolletjies geel varkore gee, ‘n Jesuskroon en van die amarillis …

Ek sal nie weer aan ‘n plantjie kan dink, sonder om als te onthou wat Oom gesê het nie. Ek gaan die geselsies en grappies mis. Oom moes einde van September op my troue wees, daai plek gaan leeg wees!

Ek weet Oom is op ‘n baie beter plek en ek weet verseker ons sal wel weer ontmoet. Totsiens … tot weersiens!
PS. Moenie my ma se siel te veel uittrek nie …

Ansie Fourie (susterskind van Theo Jonker).

Exit mobile version