Local newsSchools

RAM-skaakspelers presteer op provinsiale vlak

RAM is trots op een van hul skaakspelers wat as die skool se beste skaakspeler van die dag aangewys is tydens die Gauteng Skaakkampioenskappe.

Laerskool Randfontein se o11 en o13 seuns skaakspanne het onlangs aan die Gauteng Skaakkampioenskappe by die Walter Sisulu-saal in Randburg deelgeneem en almal ‘n ding of twee gewys.

Volgens skoolwoordvoerder Annie Nolan is dit ‘n ongelooflike groot voorreg om deel te neem op provinsiale vlak en die skool daar te verteenwoordig.

“Teenstaanders soos Crawford College en Laerskool Helderkruin haal die beste uit elke speler. RAM se beste skaakspeler van die dag was Tshire Kalimashe. Tshire is ‘n o11 speler, maar het vanjaar bord een vir die o13 span gespeel. Hy wen al sy rondtes by Gauteng en dit is voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees. Tshire is ook vroeër vanjaar aangewys as die D2 wenner vir o11 seuns.”

Nolan het bygevoeg Laerskool Randfontein is dankbaar vir ‘n wonderlike jaar op die swart en wit oorlogsveld.

“Die mikpunt is om volgende jaar met al vier spanne aan die Gauteng Kampioenskappe deel te neem. Groot drome, maar nie onmoontlik nie, want by Laerskool Randfontein kry ons drome vlerke!”

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button