Local news

Drie maande oue Rottweiler glo uit erf gesteel

'n Greenhills-familie is rasend van bekommernis nadat hul drie maande oue babahondjie spoorloos verdwyn het en vermoedelik gesteel is.

‘n Drie maande oue Rottweiler-teef is glo uit die eienaar se erf in Nightingaleweg, Greenhills gesteel.

Chantel Swart het die Randfontein Herald vertel die insident het omstreeks 16:00 verlede Donderdag, 24 Augustus gebeur.

Sammy aan die slaap. Foto ingestuur.

“Ons het vir Sammy buite water gegee ingegaan om ‘n oproep te neem. Minute later is sy net weg. Daar is geen opening teen die heining/ palisades of enige oop hekke of gate nie. Ons vermoed iemand het oorgeklim en haar gevat. ‘n Ander moontlikheid is dat hulle haar eers gelok en haar toe oor die heining getel het.”

Die amptelike plakkaat wat tans versprei en uitgedeel word.

Volgens Swart is hul erf baie sigbaar van die pad af en enigiemand kon Sammy van buite af sien.

“Ons harte is gebreek, dis ons baba. Ons het die laaste ruk as familie ‘n paar verliese van geliefdes gehad en deur ‘n moeilike tyd gegaan. Dit is boonop my seuntjie se maaitjie! Dit is sy hondekind wat vir hom gekoop is nadat hy so geboelie word by die skool.”

Swart vra die publiek om te help soek na Sammy.

“Plakkate word gemaak en orals uitgedeel. Sammy is ons vierpootkind en verdien dieselfde aandag as wanneer ‘n mens se kind vermis of/ ontvoer word. Ons smeek op ons knieë asb, bring haar terug vir ons.”

Related Articles

Back to top button