Local newsSchoolsSport

Rikus goud voort in boogskiet

Rikus Thiart van Hoërskool Riebeeckrand se lys van prestasies in boogskiet het nog langer geword nadat hy 'n goue medalje asook 'n trofee tydens die Boogskiet Kampioenskappe ingepalm het.

Daar is g’n keer aan Hoërskool Riebeeckrand se uitmuntende skut Rikus Thiart nie.

Volgens skoolwoordvoerder Carina Collins is die graad 11-leerder onlangs as die beste skut vir hoërskole aangewys tydens die Boogskiet Kampioenskappe by die Greenhills Stadion.

Daar het hy 288 uit 300 geskiet en ‘n goue medalje asook ‘n trofee ontvang.

• Lees ook: Riebeeckrand-leerder een van die beste skuts in die wêreld

“Baie geluk aan Rikus en ons skuts wat puik gevaar het,” het Carina gesê.

Riebeeckrand is ook baie trots op hul skuts oor die algemeen tydens die Boogskiet Kampioenskappe in Greenhills.

Die prestasie is maar net nog ‘n pluimpie vir Rikus wat ook onlangs as een van die top 10 skutte in die wêreld aangewys is. Daar is dus geen twyfel dat dié jong man Suid-Afrika eendag by die Olimpiese Spele gaan verteenwoordig nie.

Related Articles

Back to top button