Nederige Rayno is Jannas se nuwe adjunkhoof

Die 27-jarige Rayno Wagner is onlangs as nuwe adjunkhoof by Hoërskool Jan Viljoen aangestel.

Hoërskool Jan Viljoen se nuwe adjunkhoof Rayno Wagner hou van rugby, kitaar speel en het ‘n passie om ander by te staan, maar die belangrikste vir hom is sy geloof.

“Ek is definitief ‘n God-vresende man wat glo dat die Here my pad uitlê,” het hy gesê.

Die 27-jarige is amptelik op 1 Augustus aangestel as Shereen Mogorosi (Jannas-skoolhoof) se regterhand. Sy rol is natuurlik om haar by staan en om as hoof van dissipline op te tree. Hy is ook verantwoordelik vir die Verdere Onderwys en Opleidingsfase (VOO-fase) se akademie. Met ‘n onderwysgraad agter sy naam is Wagner boonop ‘n Randfonteiner gebore en getoë. Hy woon tans in die Randpoort-omgewing.

• Also read: Dis amptelik! Shereen is eerste vroulike hoof van Jannas

Wagner het in 2016 by Laerskool Rapportryer as student begin. Vier jaar later het hy sy loopbaan by Jannas begin deur Wiskunde aan te bied vir graad 8 tot 12 leerders. In September 2022 is hy as die Departementshoof van Wiskunde aangestel voordat hy vanjaar die groot geleentheid as adjunkhoof gekry het.

“Ek voel baie bevoorreg en is baie dankbaar vir die geleentheid wat ek gegun word. Ek wil beslis hê die skool moet die naam Rayno Wagner onthou as iemand wat ‘n groot verskil gemaak het in ‘n positiewe manier.

“Ek wil my Christelike waardes en beginsels uitleef na die beste van my vermoë en die skool na hoër hoogtes vat.”

Sy boodskap aan ouers en leerders is, “Wees altyd getrou op God en sy gebod. Onthou als wat jy doen, doen jy vir jouself en jou eie toekoms. Ouers moet ons hande vat en hul hulp verleen om ons leerders te ondersteun om hoogtes te bereik. Nie net gemiddeld te wil wees nie, maar ‘n uitblinker.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version