Local newsSchools

KYK: Hoërskool Jan Viljoen hou suksesvolle koorfees

Verskeie kore het deelgeneem aan die koorfees, naamlik Hoërskool Jan Viljoen se a capellakoor, Laerskool Randfontein se junior- en seniorkore, Laerskool Muldersdrif se seniorkoor, Rennaisance Aftreeoord se koor en Laerskool Rapportryer se musiekskool.

Hoërskool Jan Viljoen is tans besig om sy 85ste verjaardag op verskeie maniere gedurende die jaar te vier.

Die skool het op 14 Junie ‘n koorfees by die Hervormde Kerk Sionspoort aangebied waar talle skole bymekaar gekom het om die gemeenskap te vermaak met pragtige musiek en kultuur.

Organiseerder Rudi van Wyk verwelkom almal by die koorfees. Foto: Michelle Roodt.

“Die behoefte aan kultuur in Randfontein is ‘n groot leemte en ons by Jan Viljoen wou graag die behoefte aanspreek deur ‘n koorfees te hou vir ons laerskole asook ons eie koor, en om kore ‘n platform te gee om in ons eie dorp te kan optree voor ‘n vol gehoor,” het organiseerder Rudi van Wyk vertel.

Hy het verduidelik dat ‘n skool ‘n gemeenskap dien en ‘n gemeenskap dien ‘n skool en volgens hom is dit wat die koorfees waarde gegee het, om die gemeenskap bymekaar te bring met musiek.

Musikante van Laerskool Rapportryer se musiekskool. Foto: Michelle Roodt.

“Dit was nie net gerig op die skool se verjaardag nie, maar om ‘n spoggeleentheid te vestig vir ons dorp se eie kore. Kore oefen baie hard, maar het min geleenthede om op te tree.”

Hoërskool Jan Viljoen se a capellakoor. Foto: Michelle Roodt.

Hy het vertel verskeie kore het deelgeneem aan die koorfees, naamlik Hoërskool Jan Viljoen se a capellakoor, Laerskool Randfontein se junior- en seniorkore, Laerskool Muldersdrif se seniorkoor, Rennaisance Aftreeoord se koor en Laerskool Rapportryer se musiekskool.

Emma Meiring van Laerskool Muldersdrif. Foto: Michelle Roodt.

“Daar was ongeveer 600 konsertgangers in die gebou wat die kore ondersteun het. Die program is afgesluit waarin al die kore saam ‘n massakoor gevorm het en rondom die mense gestaan het.”

• Rennaisance Aftreeoord se koor:

 

• Laerskool Randfontein juniorkoor:

 

• Laerskool Randfontein se seniorkoor:

• Laerskool Muldersdrif se seniorkoor:

 

• Hoërskool Jan Viljoen se koor:

 

• Die massakoor sing saam:

Rudi het vertel dat hierdie fees die universele taal van musiek waar gemaak het vir elkeen wat teenwoordig was, en het mense bymekaargebring.

Amerie Herbst en Nina Davis van Laerskool Randfontein se juniorkoor. Foto: Michelle Roodt.

“Die doel was dat mense anders moet uitstap terug na hulle wêreld toe, en dit was waar vir elke toeskouer wat die fees bygewoon het, die doel was ook om aan die betrokke kore se skoolhoofde, beheerliggaamvoorsitters, en adjunkhoofde ‘n kans van ontspanning te bied, en dankie te sê vir hulle getroue en harde werk in ons omgewing se skole.”

Related Articles

Back to top button