Bakke en bakke sop vir die in nood danksy Multi Charity

'Hierdie gaan alles oor die liefde van die saak, ons het die nood gesien.'

Ongeveer 100 minderbevoorregtes was op 10 Junie met ‘n warm bakkie sop geseën danksy Multi Charity Randfontein.

• Lees ook: Warm bakkie sop vir die yskoue winter

Een van die eienaars, Monica Lancellas het gesê hulle wil nou graag die ekstra myl gaan aangesien winter nou behoorlik hier is.

Hul het vir die eerste keer die afgelope naweek voor hul winkel sop uitgedeel, met baie van die minderbevoorregtes wat weer teruggekom het vir nog ‘n koppie en ‘n paar snye brood.

Hierdie gaan alles oor die liefde van die saak, ons het die nood gesien. Ons het vir vier ander gesinne sop in emmers gegee wat oorgebly het, want ons het baie sop gehad en ons het ook brood uitgedeel.”

Sy het vertel sy voel soms kom mense vir een koppie, maar gaan dan huistoe met soveel meer as wat hul gedink het hulle gaan kry.

“Dit was absoluut ‘n geseënde dag. Die Heilige Gees het daar gewerk, die Here se hand was daaroor en die mense daar was werklik dié wat dit die nodigste gehad het.”

Hulle beoog om so twee keer ‘n maand sop te maak om uit te deel, en sal ook ‘n paar snye brood saam die sop te gee.

Exit mobile version