Local news

Het jy gehoor? Andries kan weer hoor!

Danksy 'n advertensie in die Herald, en die behulpsaamheid van Robinson Hearcare, kan 'n personeellid van die RandWes DBV weer na vyf jaar hoor.

‘n Werknemer by die Rand-Wes DBV, Andries Lemao is in die sewende hemel en kan na vyf jaar weer ordentlik hoor.

Hy het die Randfontein Herald tydens ‘n eksklusiewe onderhoud vertel hoe hy nie gedink het hy sal ooit weer kan hoor nie, veral nadat hy ongeveer vyf jaar gelede in ‘n ongeluk betrokke was wat tot sy gehoorpverlies gelei het.

• Lees ook: Gehoorapparaat kom tot nege inwoners se redding

“Ek het begin oplet dat as jy agter hom staan en praat, hoor hy niks nie. Jy moet hom dan op die skouer tik om sy aandag te kry,” het bestuurder van die DBV, Naomi de Beer, vertel.

Sy het verder verduidelik dat hul voorsitter, Brenda Eloff, al gekontak het om te vra of hulle kan kyk wat dit gaan kos om sy gehoor te laat toets, maar dit was astronomiese bedrae.

Ek kry toe die dag die Randfontein Herald en op die voorblad is daar ‘n Moedersdag advertensie van Hearcare vir gratis gehoortoetse. Ek het vir Brenda gebel en gesê ek gaan skakel en maar net vra.

Naomi sê hulle het toe net die dag daarna ‘n afspraak vir Andries gemaak. ‘n Gratis toets is gedoen en is daar gehoorprobleme in albei ore opgemerk.

“Toe ek hom vat vir die toets was hy in ekstase, en nie die Andries wat ek ken nie. Hy het eers gedink ons gaan hom afdank, maar toe sê ek vir hom daar is geen manier nie, dit is ‘n ding wat ons kan uitsorteer.”

Danielle Pienaar, ‘n oudioloog by Robinson Hearcare, het vir Naomi laat weet dat daar ‘n gehoortoestel geskenk was deur ‘n pasiënt en dat hulle dit vir Andries gaan gee.

Andries Lemao en Naomi de Beer is ekstaties na hy weer kan hoor. Foto: Michelle Roodt.

“Ek het ‘n versoek aan my getroue pasiënte by die praktyk gerig en gevra of daar iemand is wat ‘n tweedehandse stel kan skenk. Daar is soveel mense daar buite met die mooiste harte en ons het dadelik ‘n stel ontvang, dit moes wel oor geprogrammeer word met verifikasie en fyn instelling,” het Danielle vertel.

Andries was verheue toe Naomi vir hom sê hulle gaan sy gehoortoestelle kry.

Hy kon dit nie glo nie en het nie geweet of hy moet lag of huil nie.”

Andriens sê sy gehoor is nou baie beter.

“Ek kan mense van ver af hoor en al skinder mense kan ek dit nogsteeds hoor,” het hy laggend vertel.

Een ding wat hy genoem het is dat die honde eweskielik baie raas, maar hy is bly dat hy lekker kan hoor.

“Ek wil net baie dankie sê uit die diepte van my hart vir almal wat gehelp het, veral vir Naomi. Ek het nooit geglo ek sal weer op hierdie oomblik wees waar ek kan hoor nie.”

Danielle het afgesluit deur te sê daar is niks beter as om ‘n pasiënt se reaksie te sien wanneer hulle vir die eerste keer weer mooi kan hoor nie.

Met Andries het ek sommer saam emosioneel geraak want hy het nie besef hoe ernstig sy gehoorverlies regtig was nie.

“Om daardie oomblik saam met hom te beleef sal vir altyd ‘n spesiale oomblik in my loopbaan wees.”

Related Articles

Back to top button