Vermiste Randgate-man veilig gevind

Die 25-jarige se pa het bevestig dat sy seun gevind is en dat hy nie op die oomblik huis toe wil gaan nie.

Daar is goeie nuus rakende die 25-jarige man wat sedert 20 Mei as vermis aangemeld is nadat hy winkel toe gestap het en nooit teruggekom het nie.

• Lees oorspronklike storie hier: Help Randfontein Police find missing Corne

Familie het bevestig Corne Hanzen is veilig in Krugersdorp-Wes gevind.

Sy pa, Wynand du Buisson het aan die Randfontein Herald bevestig dat hul vir Hanzen gisteraand (31 Mei) gevind het in Krugersdorp-Wes.

Hy is vet en gesond en hy wil nie nou huis toe kom nie.”

Hy het vertel dat sy seun skoon klere het en gesond en netjies lyk, en dat hy gesê het hy sal later huis toe gaan.

• Also read: How to report a missing loved one to the police

“Ek is net bly hy is veilig, dit is vir my die belangrikste van als.”

Gauteng polisiewoordvoerder Luitenant-kolonel Mavela Masondo het ook bevestig dat Hanzen veilig gevind is.

Exit mobile version