Local news

Kinderbeskermingsweek: Vyf tekens waarna jy moet oplet

Maatskaplike werker sê daar is vir seker ‘n probleem in Randfontein want hulle beleef nie ‘n afname in aanmeldings nie maar eerder ‘n toename.

Nasionale Kinderbeskermingsweek wat van Maandag, 29 Mei tot Maandag, 5 Junie plaasvind gaan nie net oor kinderbeskerming nie, maar ook oor die bewusmaking van kinders se regte.

Die Herald het dit dus goedgedink om met maatskaplike werker Sandri Appelgryn oor kinderbeskerming te gesels.

• Also read: #WisdomWednesday: Expert about child abuse

Volgens Appelgryn is dit steeds ‘n groot uitdaging dat die publiek, wat gereeld bewus gemaak word van kinders se misdrywe, nie noodwendig bewus is van die omvang daarvan, of watter langdurige impak dit op kinders se lewens mag hê nie.

Ons het een van die beste kinderwette in die wêreld omdat dit aan kinders die geleentheid gee om hulle wense en sieninge bekend te maak.

“Die uitdaging is dat die Kinderwet nie noodwendig voldoende toegepas word nie omdat die publiek onkundig is en die aangewese organisasies wat vir kinderbeskerming verantwoordelik is se kapasiteit beperk is.”

Sandri het bygevoeg dat die Kinderwet na kinders se veiligheid en welsyn verwys wat in ag geneem moet word wanneer daar deur ‘n Kinderhof bepaal word of hulle sorgbehoewend is of nie.

“Dit is vir ons baie kommerwekend as ons hoor dat kinders mishandel word.”

Maatskaplike werker Sandri Appelgryn praat oor kinderbeskerming. Foto: Michelle Roodt.

Volgens Sandri is daar verskillende vorms van kindermishandeling. Die mees algemeen is fisiese en seksuele misbruik, maar die verwaarlosing van kinders is baie ernstig en deesdae van so ‘n aard dat dit kinders se lewens in gevaar stel.

• Also read: The importance of Child Protection Week

Volgens die Kinderwet, No 38 van 2005 moet fisiese en seksuele misbruik aangemeld word by ‘n aangewese maatskaplike werker van die Department van Maatskaplike Ontwikkeling. Die Wet op Seksuele Misdrywe vereis egter dat seksuele misbruik ook by die polisie aangemeld word.

Kinders kan so gehelp word:

“‘n Groot probleem op hierdie stadium is kinders wat uit die skoolsisteem verdwyn terwyl hulle nog skoolpligtig is. Wanneer dit gebeur, is die skoolsisteem nie meer in staat om ‘n kind te monitor en bekommernisse oor die kind aan te meld nie.

Daar is vir seker ‘n probleem in Randfontein want as maatskaplike werkers beleef ons nie ‘n afname in aanmeldings nie maar eerder ‘n toename. Ons vind ook dat die ernstigheidsgraad toeneem.”

Vyf tekens waarna jy moet kyk:

1. As ‘n kind buite karakter optree – eweskielik anders optree; naels kou.
2. Akademiese uitvalle wat nie verduidelik kan word nie.
3. Skoolafwesigheid.
4. Onverklaarbare beserings waar die kind nie kan verduidelik hoe dit gebeur het nie.
5. Veranderde slaap- en eetgewoontes.
6. Ouer kinders wat dwelms of alkohol misbruik.
7. Selfmoordneigings by ouer kinders.

Related Articles

Back to top button