Local news

Vroue gaan byna 90km stap vir bewusmaking

Twee inwoners gaan 86km stap vir bewusmaking van orgaan- en weefselskenking.

Twee inwoners van Randfontein gaan binnekort amper 90km stap om bewusmaking aan orgaan- en weefselskenking te gee.

Monica le Roux, 66, en Lizl Pistorius, 48, gaan van Jasmyn Plaas Produkte in Hartbees-

poort na die Wits Donald Gordon Mediesesentrum in Johannesburg op Dinsdag, 18 Julie stap. Die roete wat hul gaan stap is ongeveer 86km wat ses dae sal neem om te voltooi.

Lees ook: My second chance in life – organ recipient

Die doel van die stap is om fondse in te samel en bewusmaking te skep vir Transplant Education for Living Legacies (Tell), ‘n niewins-gewende organisasie wat toegewy is aan die bevordering van orgaan- en weefselsken-king.

Monica het vertel dat dit ook vir oorplanting-bewusmaking gedoen word.

Lees ook: Sakeman kry nuwe nier

“Ons doen dit regtig uit ons harte uit. Dié is hoofsaaklik vir die organisasie Tell en dit gaan daaroor dat jy nie nodig het om te sterf om iets te skenk nie. Lizl lewe nog en het ‘n nier geskenk.” Monica het verduidelik dat sy eendag ‘n grap gemaak het om te sê dat hul gaan stap vir bewusmaking en nou gaan hulle dit doen.

“Ons is baie opgewonde en kan nie wag om te begin nie. As ons al môre kon begin stap het dan sou ons.”

Hulle kort tans borge vir hulle stap en beoog om ongeveer R80 000 in te samel wat alles na Tell sal gaan want daar is mense wat nie dialise kan bekostig nie.

Die vroue benodig ook borge vir koplampe, GoPros, hidrasie-pakke, stapskoene asook warm klere om mee te stap soos baadjies en spanbroeke.

“Ons doen die juis om mense se aandag te kry vir orgaan- skenking en ons hoop daar is mense wat ons sal bemoedig by die wegspring-punt,” het Lizl gesê.

Vir enige donasies skakel vir Stella (besturende direkteur van Tell) by 082 785 2530.

Related Articles

Back to top button