Local news

Gemeenskap stap 5km ter herinnering aan wyle Leon Hefer

'Dit was 'n stap gewees ter gedagte aan Leon wat wreed vermoor is.'

Talle inwoners het onlangs bymekaargekom vir ‘n 5km-stap ter herinnering aan wyle besigheidseienaar Leon Hefer.

Thea Rossouw, Doughie Groenewald en Adri Kolesky. Foto ingestuur.

Lees ook: Leon Hefer-troosdiens: Meer as ‘n 1 000 sê totsiens

Een van die organiseerders Monica le Roux het vertel dat hulle vanaf RandMark in Greenhills geloop het en dat daar besluit is op 5km, want vyf is die nommer van genade.

“Dit was ‘n stap gewees ter gedagte aan Leon wat wreed vermoor is.”

Talle mense het bymekaargekom vir ‘n 5km stap ter herinnering van Leon Hefer. Foto ingestuur.

Monica het vertel dat die stap ‘n groot sukses was en dat mense selfs spesiale T-hemde laat maak het vir die geleentheid.

Related Articles

Back to top button