VLU Middelvlei-tak leer oor sublimasie

Die vroue het ook 'n kans gehad om hul eie sleutelringe te maak.

Die Vrouelandbou-Unie Middelvlei-tak het nuwe en interessante kunste geleer tydens hul werkswinkel by die lieflike Menûchân Koffiewinkel in Elandsvlei op Donderdag, 11 Mei .

Tersia Herbst, Ria Herbst, Frances van der Merwe en Daniel Smith maak die sleutelringe eers mooi skoon. Foto: Michelle Roodt.
Elaine de Koker kry ‘n kans om die masjien te druk. Foto: Michelle Roodt.

Daniel Smith het vir die vroue geleer hoe sublimasie werk, ‘n tegniek waar verskeie prente en ontwerpe op items gedruk word deur middel van hitte. Die prente word gedruk deur spesiale ink wat gebruik word.

Lees ook: VLU Middelvlei-tak geniet gesellige oggend

Voorsitter Ria Herbst het vertel dat die vroue die oggend vreeslik geniet het en sommer ook baie geleer het.

Tersia Herbst sny solank die prentjies vir die sleutelringe. Foto: Michelle Roodt.
Sommige van die items wat vir die vroue gemaak is. Foto: Michelle Roodt.

Lees ook: VLU Middelvlei-tak vergader en kuier lekker

Die vroue het ook kans gehad om hul eie sleutelringe te maak met ‘n hittepers waar die VLU embleem met hul naam op oorgedra is op die sleutelringe. Daar was ook vir elke vrou ‘n koppie gemaak.

Daniel Smith verduidelik vir die vroue hoe die prosesse werk. Foto: Michelle Roodt.
Exit mobile version