Local news

‘Die behoefte is net te groot’

'n Winterprojek word geloots om dié te help wat regtig 'n nood het.

Die stigters van die Seën die Kinders Projek, Chriselda van der Walt en Monja van Aswegen, wil almal bedank wat reeds ‘n bydra vir hul wintersprojek gemaak het.

Chriselda vertel dat daar ‘n baie groot nood vir winter items vir behoeftige mense hierdie winter is en dit is hoekom hulle hierdie projek geloots het.

Lees ook: Dedicated to charity despite losing her home

“Ons sou aanvangklik nie ‘n projek gehad het nie, maar jy kan nie ander kant toe kyk nie.”

Sy het vertel dat die deur altyd oop staan vir enigiemand wat kan skenk of wil bydra want daar is altyd iemand wat iets benodig. Tans samel hul warm klere soos baadjies, langbroeke, skool langbroeke, onderhempies asook items soos komberse, skoene en warm watersakke in.

Lees ook: Good Samaritan on a continuous charity mission

“In hierdie laaste week het ek agter gekom hoe noodsaaklik komberse is. Wat jy dink vir jou ‘n luuksheid is, is vir iemand anders ‘n basiese behoefte.”

Tans weet hul van 21 gesinne wat hulp nodig het en het komberse en warm klere aan hierdie gesinne verskaf.

Monja het verduidelik dat hierdie ‘n aanlopende projek is en dat daar kinders is wat hulle van weet wat baie swaar kry wat hulle probeer help.

“Daar is van die mense wat ons nie kan help nie, want daar is net nie genoeg fondse en skenkings nie. Die nood is baie groot,” het Chriselda vertel.

As enigiemand hul kaste skoonmaak of net ‘n item kan skenk om te help met die projek kan hulle vir Chriselda skakel by 083 318 6063 of Monja by 081 590 8785.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button