Randwes DBV pluk die vrugte van hul fondsinsameling

Hul het tans nog fondse nodig om hul hondehokke se dak te verleng.

Die Randwes DBV het op Saterdag, 15 April ‘n fondsinsameling gehou by die The Local Choice apteek in Randgate.

Voorsitter van die Randwes DBV Brenda Eloff het vertel dat die apteek groot ondersteuners van die DBV is en dit altyd lekker is om by hul te kuier.

Lees ook: Lost a pet? Look beyond the SPCA

Simoné Schoombie en Chanté Myburgh. Foto ingestuur.

“Tydens die dag het ons lekker eetgoed soos boereworsrolle verkoop om geld vir die DBV in te samel, en ons het ‘n wins van oor die R900 gemaak.”

Lees ook: LETTER: Let’s join hands and get the SPCA more wheels

Sy het vertel dat hulle net vir elke persoon wat ‘n donasie gemaak het of iets gekoop het om te eet, dankie sê.

Margareth Jonker, Barend Kotze en Brenda Eloff. Foto ingestuur.

“Ons het dringend fondse nodig om die dakke by ons hondehokke te verleng. Wanneer dit reën is 70% van die hokke nat.”

As jy ‘n verskil wil maak deur ‘n donasie, skakel hul op 011 412 3114.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version