Local news

Geliefde Lilo die strate in – het jy haar gesien?

Die Yorkie het vermis geraak in Greenhills op Vrydag, 14 April ongeveer 15:00.

‘n Inwoner van die dorp het dringend die gemeenskap se hulp nodig om haar geliefde hond, Lilo, op te spoor.

Lees ook: Beloning van R5 000 vir vermiste hond

Blanche Posthumus, ‘n administratiewe beampte by Laerskool Rapportryer, vertel dat haar Yorkie tefie, Lilo sedert 14 April vermis is. Lilo het vanuit Kanferstraat in Greenhills verdwyn ongeveer 15:00.

Lees ook: Beloning van R2 000 vir vermiste Jack Russell

Lilo het ‘n blou leerbandjie aan en het ook ‘n ‘micropchip’.

As enigiemand vir Lilo gesien het, skakel vir Blanche by 083 494 2802.

Related Articles

Back to top button