Local news

Talle diere opsoek na liefdevolle huise

'n Kat of hond, die Randwes DBV het beslis 'n dierekind vir jou!

As jy beplan om ‘n woelige en liefdevolle hond by jou familie te voeg, of jou familie uit te brei met ‘n pragtige kat – dan is die Randwes Dierebeskermingsvereniging (DBV) die plek vir jou!

Lees ook: DBV stel nuwe bestuurder voor

Hul het tans die pragtigste dierekinders wat jou hart sal laat smelt, en is almal opsoek na hul ewige tuistes en sal jou gesinsdinamiek met liefde en waaiende sterte vul.

Naomi de Beer saam met Trompie. Foto ingestuur.

Buddy is ‘n vier maande oue Basset-kruising wat mal is oor water en speelgoed en kan homself vir ure vermaak. Picasso is ‘n liefdevolle wyfiekat wat ure in die son kan bak en is ook natuurlik lief daarvoor om te speel.

Lees ook: Randgate Apteek ontvang toekenning vanaf RandWes DBV

Trompie is ‘n jong Chihuahua reun. Sy stokperdjies is om te hardloop en speel. Hy is mal oor mense wat sy maag en ore krap en hy is altyd reg om getroetel te word.

Buddy is vier maande oud. Foto ingestuur.

Dan is daar ook Ozzie; die mooiste Boston Terrier reun wat die meisies se harte sal steel. Hy is ongeveer drie jaar oud en is baie lief vir drukkies. As niemand ‘n gesprek met jou wil voer nie dan sal Ozzie dit met liefde doen!

Ondersteun die DBV deur jou nuwe familielid by hul aan te neem. Hulle sal glad nie nee sĂŞ vir tonne liefde nie.

Naomi de Beer saam met Ozzie. Foto ingestuur.

Vir meer inligting kontak die Randwes DBV by 011 412 3114.

Related Articles

Back to top button