Meisie, 12, beter nadat sy by dood omdraai

'Die probleem waarmee ons nou sit is die baie hospitaalskuld.'

Die 12-jarige Zanthé van der Merwe het sowat ‘n jaar gelede by die dood omgedraai.

Vandag is Zanthé van der Merwe ‘n gelukkige 12-jarige dogter na ‘n operasie wat haar lewe gered het. Foto ingestuur.
Vandag is Zanthé van der Merwe ‘n gelukkige 12-jarige dogter na ‘n operasie wat haar lewe gered het. Foto ingestuur.

Haar ma Angelique vertel dat haar dogter, wat ‘n graad 6-leerder van Laerskool Rapportryer is, op 9 Februarie verlede jaar aan ‘n atletiekbyeenkoms deelgeneem het toe sy skielik kla van maagpyn en ongemaklikheid. Sy het wel uitgehou en deurgedring na die D2 kompetisie maar dit was eers by die huis waar dinge begin skeefloop het.

Lees ook: Important hospital information to be aware of

“Ons het by die huis gekom en sy het op die mat gaan gesit om haar huiswerk te doen. Sy het weer opgestaan, ‘n tree gegee en toe inmekaar gesak. Sy het toe begin huil en vir my gesê dat sy baie seer het.”

Zanthé was na ‘n hospitaal in Fochville gejaag. Daar was vir haar ma gesê dat dit Zanthé se blindederm is. Sy is nie op ‘n medies nie en is die volgende dag teater toe met ‘n gebarsde blindederm.

“Ek moes ‘n brief teken dat dokters haar in die middel van haar maag mag oopsny. Hulle moes al die gifstowwe binne haar buik skoonmaak want dit was bedek met gifstowwe.”

Angelique van der Merwe en haar dogter Zanthé in die hospitaal verlede jaar. Foto ingestuur.
Vandag is Zanthé van der Merwe ‘n gelukkige 12-jarige dogter na ‘n operasie wat haar lewe gered het. Foto ingestuur.

Angelique het verduidelik dat na ‘n moeilike operasie het sy baie swak uitgekom.

Lees ook: Child hospitalised following freak accident

“Daar was vir my gesê dat ek moet myself regmaak want sy gaan septisemie kry. Ons het toe gedink sy gaan dit nie maak nie. Ek was in ‘n toestand.”

Sy het al die gifstowwe in haar lyf gehou en kon nie badkamer toe gaan nie en ook nie praat nie. Volgens haar ma het sy net daar gelê. Op daardie stadium was Zanthé se suurstofvlakke maar 42%.

“Nadat ‘n pastoor vir haar gebid het, het al die gifstowwe begin uitkom. Dit was nie lekker om haar so te sien nie want ek het gedink dit is verskriklik, maar almal het vir my gesê dat dit goed is want dit moet uit haar lyf.”

Daardie Sondag het Zanthé vir haar ma gevra wanneer sy weer kan begin eet en al wat sy gesoek het was ‘n KFC-burger. Sy kon wel nog nie vaste kosse eet nie.

“Sy wou net almal sien, gesels en buite gaan sit. So het sy net beter en beter geword.”

Angelique het vertel dat haar dogter amper dood is en met die Here se genade is dit ‘n wonderwerk dat sy nou 100% is. Vanjaar in haar atletiek het Zanthé weer deurgedring na die D2 kompetisie en is haar ma verskriklik trots op haar. Boonop, en ten spyte van haar ervaring, het Zanthé ‘n akademiese balkie ontvang.

“Die probleem waarmee ons nou sit is die baie hospitaalskuld. Ek het intussen my werk verloor en tel nog ‘n jaar later die stukke op.”

Enigiemand wat ‘n donasie wil maak vir Zanthè se mediese rekeninge kan vir Angelique by 072 822 6795 skakel.

Exit mobile version