Sionspoort se Buitelugkonsert uitgestel

Sionspoort Hervormde Kerk se Buitelugkonsert uitgestel tot verdere kennisgewing.

Die Sionspoort Hervormde Kerk se Buitelugkonsert is uitgestel na hul goeie vriend Leon Hefer se skielike dood.

“Na aanleiding van die tragiese afsterwe van Hefer van Tuinhekkie, het Sionspoort besluit om die Buitelugkonsert van Saterdag, 25 Maart uit te stel tot verdere kennisgewing,” het Sionspoort Hervormde Kerk-woordvoerder Appel Ernst gesê.

Lees ook: ‘Ons gaan Leon oneindig mis’ – Hefer-gesin

Konsertkaartjies kan oorgedra word na die volgende vertoning. Indien terugbetaling verlang word, kontak Sionspoort Kerkkantoor by 011 412 3163.

“Ons harte en gebede gaan uit na Leonardo en die Hefer-familie.”

Lees ook: Body found in Ivory Park is that of missing businessman Leon Hefer

Exit mobile version