Welbekende besigheidseienaar skielik vermis

Leon Hefer, 'n bekende gesig en besigheidseienaar in Randfontein het spoorloos verdwyn.

Plaaslike besigheidseienaar en ‘n bekende gesig in Randfontein, Leon Hefer, word sedert Dinsdag, 21 Maart vermis. Hefer ry ‘n silwer VW Polo Cross met registrasienommer XXK 182 GP.

Sersant Carmen Hendricks, die Ranfontein-polisiewoordvoerder het bevestig Hefer is as vermis aangemeld.

• Lees ook: How to report a missing loved one to the police

Volgens JP de Beer, voorsitter van die Stock Theft Information Center (STIC), is Hefer omstreeks 12:40 op dié dag in Randgate laas gewaar danksy beeldmateriaal van ‘n nabye maatskappy.

“Nog ‘n kamera, waar Lazarstraat en Homesteadlaan met mekaar kruis, wys drie voertuie met dieselfde beskrywing as Hefer s’n, maar ons kan nie bevestig van watter rigting af hy beweeg nie of waarheen hy op pad is en of dit vir ‘n feit sy voertuig is nie.”

Hefer ry ‘n silwer VW Polo Cross met registrasie XXK 182 GP. Foto ingestuur.

Volgens De Beer, weet hulle van ten minste twee afsprake wat Hefer gehad het – een waar mense aangedring het om sy gastehuis te kom besoek en die ander waarvoor hy nie opgedaag het nie. Sy foon is intussen ook heeltemal af.

Op 1 Maart vanjaar het die Herald se susterskoerant, Krugersdorp News, berig hoe die Kagiso polisie gastehuiseienaars in die distrik waarsku teen kriminele wat hulle teiken.

“Kagiso polisie is bekommerd dat hierdie na ander dele van die distrik gaan versprei.

Twee gastehuise is reeds geteiken en beroof in die spasie van twee maande,” het Kaptein Solomon Sibiya gesê.

• Lees meer hier: Police warn of new crime trend: Criminals are now targeting guesthouses

De Beer en sy span het Randfontein heeltemal deursoek en Westonaria platgery asook Waterpan gefynkam, selfs agter Glenharvie waar die kapers gewoonlik aktief is, maar daar geen spoor van Hefer nie.

“Dit is wat ons weet op hierdie stadium en dit is waarmee ons werk. Ons het by die vulstasies op die N12 sy foto en beskrywing van die kar uitgegee, ons het polisiestasies toegegaan – so ver as Sophiatown en Soweto. Ons het die saak sover as moontlik versprei.”

As enigiemand enige inligting het oor waar Leon is, skakel vir JP op 082 212 3925.

Plaaslike besigheidseienaar Leon Hefer. Lêerfoto.
Exit mobile version