Local news

VLU konferensie propvol hoogtepunte

Middelvlei-tak voorsitter Ria Herbst was ook herverkies as ondervoorsitter van die Witwatersrand-streek en het haar 20 jaar diensbalkie ontvang.

Meer as 100 vroue het die dag saam met die Vrouelandbou-unie (VLU) se Lente-tak geniet toe hulle onlangs die Witwatersrand Konferensie aangebied het.

Die konferensie is op Saterdag, 18 Maart by die Fontainebleau Gemeenskapskerk in Randburg gehou en die Middelvlei-tak se skakelbampte, Tersia Herbst het vertel dat hulle lekker saam gekuier het.

Lees ook: VLU bied aan eerste aanlynkonferensie ooit

Elaine de Koker en Ria Herbst. Foto ingestuur.

Ria Herbst, die Middelvlei-tak voorsitter het aan die Herald vertel dat Willie Strauss die gaskunstenaar vir die dag was en dat hy al die vroue vermaak het met sy sang, en boonop nog vir hulle ‘n kos demonstrasie ook gehou het.

Lees ook: Vrouekonferensie maak groot impak

Die hoogtepunte was wel toe Ria haar 20 jaar diensbalkie ontvang het en ook by die geleentheid herverkies is as die ondervoorsitter van die Witwatersrand-streek.

“Dit is vir my ‘n groot voorreg om vir 20 jaar deel te wees van die VLU. Ek het al baie by die dames geleer en ek is voorgestel aan die VLU deur my jare lange vriendin Elaine de Koker, wat ook my diensknopie oorhandig het.”

As jy belangstel om deel te word van die VLU skakel vir Ria op 072 554 2114. Daar is ook ‘n aandtak vir vroue wat deur die dag werk.

Related Articles

Back to top button