Help Middelvlei-sopkombuis om honderde te voed

Dringende skenkings is nodig om te verhoed dat die Middelvlei-sopkombuis sy deure sluit. Hulle voer tans meer as 700 mense.

Danksy die AGS Middelvlei se sopkombuis maak hierdie Goeie Samaritane gereeld hul harte oop vir die minderbevoorregte mense in die gemeenskap.

Maar as gevolg van ‘n tekort aan skenkings sal dié voedingskema gestaak moet word indien daar nie dringende ingryping is nie.

Lees ook: NPO in Toekies continues their mission to feed the hungry

Marieta en Theo Reyneke.
Hanna Swanepoel en Tina Volschenk.

Een van die organiseerders en kokke, Marieta Reyneke, het vertel dat die sopkombuis deur Elrie Smith begin is. Sy is ook hoof van die kerk se welsyndienste en was self geraak deur die langdurige kragonderbrekings wat Middelvlei, Ten Acres, Hillside en ander areas onlangs getref het weens die beskadiging van die Lafarge-substasie en ander elektriese infrastruktuur.

Lees ook: Beach bar becomes a soup kitchen

Die sopkombuis het dus eers onlangs weer aan die gang gekom en word vanuit die AGS Middelvlei se perseel bedryf. Marieta het gesê dat in die eerste week was daar ongeveer 60 mense wat gekom het vir ‘n bord kos. Hulle het ook vir 40 mense (waarvan hul bewus was en wie in nood is) kos by hul huise gaan aflewer.

Louis Volschenk.

“Soos die kragonderbrekings voortgesleep het, het mense se voedselvoorraad, wat nie reeds alles vrot geword het nie, opgeraak. Die tweede week het ons alreeds ‘n minimum van 340 maaltye uitgedeel.”

Hul huidige getalle staan tans op 734 maaltye.

Sy sê dat om selfs net ‘n klein persentasie van hierdie mense te kan help met ‘n bord kos, besef sy elke dag hoe groot en wyd die genade van die Here strek.

Die sopkombuis het wel intussen wonderlike skenkings vanaf verskeie besighede en inwoners in die dorp ontvang maar ongelukkig het hulle twee inbrake binne ‘n tydperk van 10 dae gehad waar groot hoeveelhede van die voorraad, insluitend die kragopwekker en toerusting wat hul gebruik vir die voorbereiding vir kos, gesteel was.

“Baie van die voorraad kom nou uit ons eie sak.”

Tans benodig hulle sout, nie-bederfbare produkte, brood, groente, vleis, pasta, rys, kookolie, kontant, gas, houers vir opdiening, koffie, suiker, soppoeier, speserye, kruie, soja, melk, blikkieskos, eiers en margarien.

“Ons span bestaan uit myself, my man Theo, Hanna Swanepoel, Louis Volschenk, Elmien en Lourens de Jongh, Gerrie Bence en dan al die wonderlike mense wat bereid is om hul tyd op te offer of dit nou is om te help skil, groente te bewerk of toerusting skoon te maak. Van die mense wat help, doen dit onder moeilike omstandighede.”

Indien enigiemand bereid is om donasies te gee of skenkings te maak, kan hulle dit by Marieta in Greenhills of by AGS Middelvlei aflaai. Kontantdonasies kan ook in die kerk se rekening betaal word met ‘Sopkombuis’ as verwysing.

Vir navrae kontak gerus Marieta by 079 872 1090, Elrie Smith by 060 970 9763 of pastoor Henry Sinclair by 082 219 3304.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version