Local news

Klein Mieke ‘n internasionale model op 2!

Mieke van Deventer is sy nou maar eers twee jaar oud, maar sy het alreeds aan verskeie nasionale en internasionale fotokompetisies deelgeneem.

‘n Jong inwoner van Randfontein het al in 10 tydskrifte verskyn.

Al is sy nou maar eers twee jaar oud, het Mieke van Deventer alreeds aan verskeie nasionale en internasionale fotokompetisies deelgeneem sedert sy nege maande oud is.

Haar ma Chanè van Deventer het vertel dat toe hulle deur The Brand Model Magazine International tydskrif genader is om foto’s in te stuur vir hul verskillende uitgawes is Mieke gekies om in drie uitgawes te verskyn.

Lees ook: Model, 16, wins international pageant in Thailand

Mieke van Deventer het al nasionaal en internasionaal deelgeneem aan verskeie fotokompetisies waar sy in verskeie tydskrifte verskyn het. Foto ingestuur.

Chanè het vertel dat Mieke ‘n doodgewone twee-jarige is wat mal is oor buite speel en vreeslik hou van diere. Sy is ook baie lief daarvoor om kos te maak in haar speelkombuis en om ‘n dokter te wees wat haar siek poppe gesond maak.

Lees ook: Homelake model, 14, hopes to compete in Turkey

“Sy geniet ook haar swem en elke oomblik by Monkeynastix.”

Nasionaal het sy al sewe keer verskyn in die PPMC Magazine South Africa (The Portrait Book) en drie keer internasionaal in die Brand Model Magazine.

“Sy het ook verskyn in ‘n video opname van Willie en die Wenspan vir die liedjie ‘Jesus het my mooi gemaak’.”

Mieke is die trotse houer van die volgende titels:

• Glitz me up – wenner in 2021
• Queen of hearts – sewende plek in 2021
• Graciously beautiful – tweede plek in 2022
• Graciously beautiful eyes – wenner in 2022
• Miss Easter algehele wenner in 2021
• Miss Easter eyes wenner in 2021
• Miss blue jeans eerste prinses in 2021

“Ek is ongelooflik trots op haar. As ‘n enkelma is dit vir my so mooi om te sien hoe my kind straal van gelukkigheid, nie net van haar uiterste nie, maar ook die heel belangrikste, haar mooi sagte liewe Jesus hart. Ek glo en vertrou dat sy altyd haar voete plat op die aarde sal hou en altyd in haarself sal glo soos wat ek in haar glo. Dat haar innerlike mooi hart altyd sal uitstraal na die mense om haar en dat sy ‘n goeie maat vir haar maats sal bly en altyd ‘n omgee hart sal hê soos nou.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button