Culemborg Park-inwoners bring hul kant om dorp netjies te hou

'Die groot taak is om die gras kort te kry en al die papiere op te tel. Ons grootste uitdaging is om die swartsakke by die ashoop te kry'.

‘n Inwoner en haar regterhand het onlangs begin om die dorp stukkie vir stukkie netjies te maak.

Belinda van Breda het vertel dat sy en haar tuinier, Mandla Lamula, op Dinsdag, 28 Februarie begin skoonmaak het. Hulle gaan aanhou om die area van Culemborg Park skoon te hou want vir haar is dit hul toewyding.

Mandla Lamula besig om gras te sny.

“Ons straat se mense het ook nou onderneem om te help skoonmaak. Ons wil ‘n Saterdag uitsit en in ons omgewing saam papiere optel.”

Sy het verduidelik hulle gebruik hul eie gereedskap en brandstof en dat Mandla ook kan gaan sny waar mense vir hom vra.

“Die groot taak is om die gras kort te kry en al die papiere op te tel. Ons grootste uitdaging is om die swartsakke by die ashoop te kry”.

Sommige van die rommel en gras wat al vol is.

Vandat hul begin het om skoon te maak is daar al meer as 40 vullisakke gevul.

Belinda het verduidelik dat dit wonderlik voel om die dorp netjies te maak, sy het bygevoeg dat sy weet om te kla gaan nie help nie.

“Ons het nou gesien as ons nie self gaan inspring en saam staan as een nie gaan niks verander nie. Kom ons staan saam en maak Randfontein weer die mooi skoon dorp wat hy was.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version