Pampoenfees en Boeremark: ‘n eerste op die Wes-Rand

Die grootste pampoen het 'n indrukwekkende 240kg geweeg!

Talle Wes-Randers het by die eerste Wes-Rand Pampoenfees en Boeremark bymekaargekom wat op Saterdag, 4 Maart plaasgevind het.

Lee Ann van Zyl is gekroon as die 2023 wenner met ‘n pampoen wat 240kg weeg.

Een van die organiseerders, en pastoor by die 153 Bediening gemeente, Barend Kotze het vertel dat dit die eerste jaar is wat hulle dié fees hou. Dit is ook die eerste keer dat hul as gemeente, op die kerk se gronde, hierdie reuse pampoene probeer groei het met pitte wat van oorsee kom.

“Met al die inskrywings en belangstelling in ons doel glo ons dit het baie goed gegaan,” het Barend vertel.

Hy het verduidelik dat die doel van die dag was om mense bewus te maak dat die landbousektor ‘n groot rol speel tot die bekamping van armoede.

Sommige van die klassieke motors wat uitgestal was.

“Ons elkeen het ‘n rol om te speel om armoede te veg – armoede sal altyd daar wees maar elkeen kan armoede smoor deur hulle eie groente en vrugte te plant en te groei en die landbousektor te help bevorder. Ons kan self ons eie groente plant en groei in ons tuin en so ook skenk vir liefdadigheid.”

Eschel Smit en Ashlene Smit.

Al die pampoene wat vir die kompetisie ingeskryf is gaan vir liefdadigheid geskenk word.

Die resultate is soos volg:

• Joe Fourie – Die eerste plek wenner vir 2023 se kleinste pampoen met ‘n gewig van 0.60kg
• Amelia Botes – Die tweede plek wenner vir 2023 se kleinste pampoen met ‘n gewig van 1.2kg
• Raaitjie Botma – Die derde plek wenner vir 2023 se kleinste pampoen met ‘n gewig van 9kg
• Raaitjie Botma – Die derde plek wenner vir 2023 se reuse pampoen met ‘n gewig van 10kg
• Amelia Botes – Die tweede plek wenner vir 2023 se reuse pampoen met ‘n gewig van 12kg
• Lee Ann van Zyl is gekroon as die 2023 wenner met ‘n pampoen wat 240kg weeg.

Joe Fourie is die eerste plek wenner vir 2023 se kleinste pampoen met ‘n gewig van 0.60kg.
Amelia Botes is die tweede plek wenner vir 2023 se kleinste pampoen met ‘n gewig van 1.2kg.
Raaitjie Botma is die derde plek wenner vir 2023 se kleinste pampoen met ‘n gewig van 9kg.

“Die dag was een groot fees gewees en elkeen kon dit geniet en ons het lekker saam gekuier met Tanya V, Johan Anker en die Lekkerkry Boeremusiek orkes.”

Daar was ook heerlike kos te koop, verskeie stalletjies om te besoek, plaaslike vermaak en klassieke motors wat beskou kon word.

Eschel Smit en Ashlene Smit.

“Ons het ook ons eie unieke Pampoenfees resepteboek deur ons gemeentelede saamgestel en met die pampoen liefhebbers meegedeel om so weer ‘n liefde vir pampoengeregte te kweek.”

Ronel Janse van Rensburg.
Johan Anker sing tydens die dag.
Talle pampoene was ingeskryf vir die kompetisie.
Sommige van die klassieke motors wat uitgestal was.
Coenie Matthysen, Cohan Matthysen, Judy Pieterse, Yolandri Matthysen en AB Matthysen.
Mariska du Plessis, Charmaine Oosthuizen en Jacques Oosthuizen geniet die fees.
Steven Schutte, Cassandra Schutte, Lehan Grundling en Caylê Grundling.
Sommige van die klassieke motors wat uitgestal was.
Barend Kotze en Tanya V kondig die wenners aan.
Exit mobile version