Local newsSchools

Rappies verf dorp rooi met liefde

Ongeveer 500 gesinne is bereik deur Laerskool Rapportryer se Valentynsmaand vieringe.

‘Rappies se wêreld is so groot soos hulle harte!’

Dit is die boodskap wat Laerskool Rapportryer op Valentynsdag, Dinsdag, 14 Februarie uitgestuur het deur magnete uit te deel.

Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat die hoofleiers van Laerskool Rapportryer en die bemarkingspan dit vreeslik geniet het om die dorp rooi te verf en om almal te betower op die dag van liefde.

Volgens Sonja Brits en Celeste Wentzel, die bemarkingspan, behoort elkeen die boodskap van Rappies wat uitgestuur is orals te kan plak; op die yskas, kas en selfs op die kar.

“Judas 1: 2 sê nie verniet die volgende vers nie: ‘Genade vir julle, en vrede en liefde, moet julle vermenigvuldig’. Dis presies wat Laerskool Rapportryer gedoen het, liefde was vermenigvuldig,” vertel Celeste.

Celeste vertel ook verder dat Laerskool Rapportryer graag by die gemeenskap betrokke raak en op ‘n positiewe wyse na die gemeenskap uitreik.

“Hoe lyk die liefde? Dit het sagte hande om ander te versorg, Dit het vinnige voete om ander te gaan help. Dit het skerp oë om ander se nood raak te sien. Die liefde kan nie gemeet word nie, net gevoel word,” het Celeste vertel.

Esme het vertel dat ongeveer 500 gesinne bereik is en Laerskool Rapportryer hoop dat elke gesin ‘n gelukkige Valentynsdag gehad het.

Related Articles

Back to top button