Local news

ATKV gee hardwerkende inwoners erkenning

Sekretaris van die Comenzo-tak Martie Erasmus vertel dat hulle waardering gee aan mense wat 'n verskil maak in die land en dorp.

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) Comenzo-tak het onlangs inspirerende inwoners van die dorp erkenning gegee vir hul harde werk deur vir hul ‘Klop Op Die Skouer’-toekennings te gee.

Die oorhandiging was by die Hamilton Guest House op Saterdag, 18 Februarie gehou.

Abri Erasmus, Magon Mouton en Shereen Mogorosi.

Sekretaris van die Comenzo-tak Martie Erasmus het vertel dat hulle waardering gegee het aan mense wat ‘n verskil in die land en dorp maak.

Abri Erasmus, Magon Mouton en Piet Lottering.

Die volgende inwoners het toekennings ontvang:

• Leshia Botha en Celeste Wentzel vir hulle passie as onderwysers.

• Gustav Botha en Shereen Mogorosi vir die inpak wat hul gemaak het by Hoërskool Jan Viljoen.

• Piet Lottering vir sy gemeenskapsdiens en skoonmaak by die begraafplaas en regmaak van slaggate.

Abri Erasmus, Magon Mouton en Leshia Botha.

• Magda Botha en Martie Botes vir hul gemeenskapsdiens met hul breiwerk.

• Marthie Griffiths vir haar dienslewering aan die gemeenskap en bejaardes.

• Martie Erasmus vir al die projekte wat sy plaaslik en nasionaal doen in verband met droogtehulp, bejaardes, welsyn en haar omgee vir die gemeenskap.

Abri Erasmus, Magon Mouton en Gustav Botha met sy toekenning.

• Abri Erasmus van Woord en Lig Kerk vir al hul projekte wat hul doen.

“Ons dag was uitstekend en die toekennings was ‘n reuse sukses, dit is so ‘n riem onder die hart om te kan gee en goed te kan doen. Ons wil verskilmakers wees en mense se harte bly maak en weet daar is nog mense wat omgee vir mekaar.”

Martie wil vir almal in die dorp sê om ‘n verskil te maak.

Abri Erasmus, Magon Mouton en Magda Botha.

“Kry weer ‘n hart vir hierdie land en sy mense want as ons saam werk kan ons die dorp soveel beter maak.”

Abri Erasmus, Magon Mouton en Martie Botes.
Abri Erasmus en Magon Mouton.
Abri Erasmus, Magon Mouton en Marthie Griffiths.
Abri Erasmus, Magon Mouton en Martie Erasmus.

Related Articles

Back to top button