Local news

Oud-dwelmverslaafde en bendelid praat met NG Randfontein-Noord-gemeente

Ivor Swartz, 'n oud-dwelmverslaafde en oud-bendelid het onlangs getuienis gelewer by NG Randfontein-Noord.

Die NG Randfontein-Noord gemeente het op Vrydag, 10 Februarie die bekende spreker Ivor Swartz genooi om sy getuienis met meer as 200 mense van alle ouderdomme te deel.

“Hy het ‘n ongelooflike lewensstorie om te vertel – een van hoop, tweede kanse en die keuse om die lewe elke dag te bly kies,” het predikant van die kerk ds Melani Rademeyer gesê.

Volgens Melani is Ivor ‘n leier en spreker in die velde van mentorskap, motivering en storievertelling. Hy het ‘n unieke manier om met mense te gesels en hulle te motiveer om hulle ‘beste self te leef’.

“Op 15-jarige ouderdom was hy betrokke in bende-aktiwiteite as ‘n manier om te ontsnap van ondraaglike huishoudelike omstandighede. Hy was verslaaf aan dwelms, het sy meisie swanger gemaak, en saam met ‘n vriend sy broer vermoor.

Hy was gevonnis tot ses jaar en ses maande tronkstraf. As gevolg van die invloed wat ‘n onderwyser in die tronk op sy lewe gehad het, het hy besluit om sy skoolloopbaan te voltooi. Hy het sy matriek in die tronk voltooi en het begin om ‘n beter storie te leef.”

Bernard Rademeyer, Ivor Swartz en Milané Rademeyer. Foto ingestuur.

Ivor is vrygelaat in Desember 2005, en het begin sy lewe toe wy aan motivering en storievertelling om te help verhoed dat ander jongmense dieselfde pad stap as wat hy het.

Hy het twee boeke gepubliseer – Die Verlore Seun Vannie Gaatjie en Kies Die Lewe – leer dans in depressie, hy het ook ‘n televisiereeks op die DStv-kanaal VIA met die selfde naam – Kies Die Lewe.

Sy het vertel dat baie mense deur hierdie gesprek aangeraak en geïnspireer is.

Dit was juis die doel – dat soveel mense as moontlik hierdie getuienis behoort te hoor.

Ons hoop dat hierdie geleentheid ‘n klippie in die water kon wees vir die res van Randfontein se gemeenskap en dat dit kan uitbrei en uitkring na nóg meer mense.”

Ds Henning Rademeyer, Ivor Swartz en ds Melani Rademeyer. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button