Groentjiekonsert om Riebeeckrand se nuwe graad 8’s

Hulle het 'n baie suksesvolle groentjiekonsert gehad.

Die graad 8’s van Hoërskool Riebeeckrand het onlangs ‘n pretvolle groentjiekonsert gehou.

Skoolwoordvoerder Carina Collins het die konsert as opwindend en suksesvol beskryf, ‘om die minste te sê’.

Vanjaar se tema was Madagaskar en daar was drie optredes in totaal. Die graad 7’s van verskeie laerskole in die dorp was ook genooi om die opvoering te kom geniet – skole soos Westgold Primary, Laerskool Rapportryer, Laerskool Randfontein, en Randfontein Primary School het hul leerders gestuur.

Also read: School hosts successful concert

Josh Wolmarans tydens die groentjiekonsert. Foto ingestuur.

“Ons graad 8’s het baie hard gewerk. Daar was middag na middag geoefen en al die swoeg en sweet het deurgekom op die verhoog, hulle het regtig hulle harte op daai verhoog gelos,” het sy vertel.

Also read: Jannas-groentjiekonsert sorg vir groot vermaak

Exit mobile version