Local news

Hoender die Hond draai by die dood om

'n Baster- en rondloperhond wat Hoender gedoop is het haar verewighuis gevind nadat sy by die dood omgedraai het.

Hoender, ‘n basterhond van ongeveer ses jaar oud, wat in haglike omstandighede gelewe en by die dood omgedraai het is nou vry van enige pyn.

Dit nadat plaaslike diereliefhebber en stigter van No More Tears Animal Rescue Stephan Hendricks, tot haar redding gekom het.

Hendricks het eers vir Hoender as rondloperhond gewaar in Uitvalfontein naby ‘n bekende aanrykafee. Vyf dae later, op Maandag 23 Januarie is Hoender toe in Westonaria gesien.

“Sy was daardie dag vreesbevange. Ons het haar vir drie ure agtervolg tot dr Naude uitgekom het om haar te verdoof.”

Een van haar slagtande was afgebreek en sy het ook ‘n groot abses in die nek gehad [waar sy op ‘n stadium met ‘n mes gesteek was of êrens seergekry het]. Sy het ook ‘n breuk gehad waar al haar derms in haar baarmoeder beland het – dit het baie pyn veroorsaak.

Dr Johan Naude van die Randfontein Dierehospitaal was toe besig met ‘n woeste teaterskedule maar het nie twee keer gedink om Hoender te help nie.

Lorinda het vertel dat by die veearts, in ‘n hok, wou sy almal byt. Sy het ook eenkant in die hoek gesit en glad nie vir enige iemand gekyk nie.

“Sy het ‘n paar dae by die dierehospitaal deurgebring sodat sy geopereer kon word. Teen Vrydag, 27 Januarie was Hoender gesond en ontslaan om huis toe te gaan. Intussen het sy haar verewighuis gevind met Lorinda van Wyk as haar nuwe mamma (eienaar).

Lorinda van Wyk saam met Hoendertjie. Foto ingestuur.

Stephan het vertel dat Hoender haar naam gekry het toe Lorinda ‘n klomp hoenders gevat het vir sterilisasie, ‘toe doop dr Johan die hond Hoender nadat hy uitgevind het dat sy haar gaan aanneem’.

Ek het haar die Vrydag gaan haal, sy was nog baie bang maar die Sondag het haar stertjie geswaai. Sy is nou al beter en hardloop en blaf. Bang vir die katte maar speel met die hoenders. Binne 12 ure het sy heeltemal verander – van bang hond wat vir die muur kyk tot een wat opgewonde is.”

Lorinda het vertel dat Hoendertjie nog baie stil gehou word want haar wonde moet nog genees en sy baie ma vas is.

Vandag doen Hoender goed en sy en haar nuwe eienaar is dolgelukkig.

Related Articles

Back to top button