Jannas hou interhuis vol gees; graad 9’s bo!

Die graad 9-leerders van Jannas het die meeste punte aangeteken tydens die skool se interhuis.

Die graad 9’s van Hoërskool Jan Viljoen het kop en skouers bo ander grade tydens die skool se interhuis uitgestaan wat op Vrydag, 13 Januarie plaasgevind het.

Onderwyser Rudi van Wyk het vertel dat die bloedige son nie die Jannas-spanne afgeskrik het nie, en die nuwe graad 8-leerders het atletieksang laat dreun terwyl nuwe en ou Janna-spanne kragte op die atletiekbaan en veld afgemeet het.

Die graad 9’s uit die verskillende Jannas-spanne het die meeste punte aangeteken vir die dag en was aangewys as die trotse spanwenners van die dag.

Lees ook: Riebeeckrand hou interhuis

Die spanne se resultate is soos volg:

• graad 9: 436 punte
• graad 11: 399 punte
• graad 12: 333 punte
• graad 8: 303 punte
• graad 10: 298 punte

Jannas is trots op die volgende vier leerders wat weggestap het met die volgende titels:

• Junior Victrix Ludorum: Karmien van Coller
• Junior Victor Ludorum: De-Wet Bouwer
• Senior Victrix Ludorum: Dominique Lensley
• Senior Victor Ludorum: Keagan Taylor

Lees ook: Rappies spog met vyf seuns in Gauteng-Wes krieketspan

Exit mobile version