KidsLocal newsPre-School

Ramkriekies hou prettige atletiek- en speletjiesdag

Ramkriekie-kleuters het vet pret gehad tydens 'n onlangse atletiek- en speletjiesdag.

Die kleuters van Ramkriekies Kleuterskool het vet pret gehad tydens hul atletiek- en speletjiesdag op Saterdag, 21 Januarie.

Lees ook: Tips for getting pre-schoolers excited about Maths

Leanke Kloppers neem deel in die sakresies. Foto ingestuur.
Talle seuns wys hul staal in die hardloop-item. Foto ingestuur.

Annalie Grobbelaar, ‘n onderwyser by die kleuterskool het vertel dat al die kleuters vreeslik na die dag uitgesien het. Die gees onder die kleintjies was ook iets om te aanskou.

Lees ook: What to expect from your pre-schooler

Mieke Botha, Mieke van Deventer en Kiara-Lee du Plessis op die pawiljoen. Foto ingestuur.
‘n Opgewonde Kiara-Lee du Plessis. Foto ingestuur.

Leerders het aan sak- en aartappelresies deelgeneem en hekkies gespring.

“Die Monkeynastix se apie was ook daar gewees. Daar was lekker musiek deur EPR gespeel wie die leerders aangemoedig het.”

Related Articles

Back to top button