Local newsPrimary SchoolSchools

RAM verwelkom nuwe onnies en personeel

Laerskool Randfontein het vyf nuwe personeellede asook vyf studente-onderwysers vir die 2023-skooljaar verwelkom.

Laerskool Randfontein het die nuwe skooljaar op ‘n hoë noot begin met talle nuwe personeel en studente-onderwysers wat by hulle aangesluit het.

Monique Ras, ‘n graad 3-onderwyser het gesê, “Ek sien vreeslik uit na die nuwe begin by RAM en om ‘n pad saam met al die nuwe maatjies in my klas te stap en ‘n verskil te maak waar ek kan.”

Leazane Bower, Lize-Mari Olivier, Mandy Pruis en Tarquin Mulder. Foto: Annie Nolan.

“Ek sien uit daarna om ‘n verskil in elke maatjie, wat oor my pad kom, se lewe te maak,” het Lize-Mari Olivier, nuwe personeellid by die kleuterskool vertel.

Mandy Pruis wat graad 7 Engels en Kuns gee het vertel dat sy beplan om vir leerders meer as net die lesplanne te leer en wil ‘met hulle harte praat en nie net met die brein nie’.

Lees ook: Back to school anxiety

“Ek sien baie uit na al die verskillende aspekte van skoolhou,” het Leazane Bower, ‘n nuwe graad 5-Engels onderwyser gesê.

Monique Ras, Jannike Fourie en Carla Neethling. Foto: Annie Nolan.

Tarquin Mulder wat graad 7 Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en Sosiale Wetenskappe gee het vertel dat hy uitsien om ‘n verskil te maak op die sportveld, leerders te ontwikkel tot beter sportsmanne en hulle vaardighede tot die beste van hul vermoë te ontwikkel.

Lees ook: REM a hive of activity as school welcomes 2023 Grade 1’s

“Ek sien uit om elke leerder in die klas te ontwikkel en hul kennis te verbreed.”

Nuwe student Anrico Botha het gesê dat hy uitsien om vanjaar sy kennis met die leerders te deel en saam met hulle te goei.

“Ek sien uit om die kinders se drome te help vlerke kry,” het student Cayle Nel vertel.

Justin Venter sien uit om ‘n verskil in ‘n kind se lewe te maak, want hy glo een kind, een onderwyser, een boek en een pen kan die wêreld verander.

“Ek het ‘n passie vir sport en ek kan dit reg deur die jaar uitleef by RAM,” het Jannike Fourie gesê.

Carla Neethling het vertel dat vanjaar ‘n groot jaar gaan wees en dat sy nie kan wag vir die boogskiet nie.

Related Articles

Back to top button