‘Ons help graag ander’

Die eienaars van Multi Charity Randfontein in Randgate help graag ander met kospakkies en klere.

Die eienaars van die Multi Charity Randfontein-winkel help graag waar hul kan, maak nie saak wie by hul deure instap nie.

Monica en Craige Lancellas besit die winkel al vir die afgelope ses jaar waar hul al veskeie mense gehelp het met klere en selfs kospakkies.

Lees ook: Scores support EPR 4×4 event for charity

Sy het vertel dat hulle besluit het om hierdie winkel oop te maak in Randgate want hulle het ‘n boodskap van God af ontvang om met behoeftige mense te werk en te help.

“Ons help in die gemeenskap. Ons deel maandeliks kospakkies uit en tydens Kersfees help ons ongeveer 100 mense met kos.”

In die nuwe jaar help hulle graad 1’s met nuwe skoolklere asook skryfbehoeftes en help ook met klere waar die nood sigbaar is.

Lees ook: Local charity helps to ensure the safety of vulnerable households

“Ons fokus ook op die bejaardes wat net ‘n Sassa-toelaag kry en afhangende van wat die behoefte is, probeer ons altyd help. Daagliks kom hier mense in wat vra vir kos. Indien ons kan, koop ons ‘n brood en melk en dit help klaar. Waar ons weet klere benodig word, gee ons en daar is ook tye wat ons self kos maak en dan uitdeel.”

Sy het verduidelik dat dit hul passie is om te kan help en ‘n verskil te kan maak in iemand se lewe, en die liefde van Jesus te kan deel.

“Ek wil dankie sê vir die ondersteuning en elke donasie. Ons wil graag vir die besighede vra om ook betrokke te raak en ons te ondersteun.”

Exit mobile version