Local newsSport

Nico se bene hou sedert 947 Ride Joburg se ontstaan

Die 60-jarige Nico Smit ry nog elke jaar die 947 Ride Joburg sedert sy ontstaan – vanjaar sien hy kans vir sy 26e!

SPORT:

‘Hou bene hou’ is beslis gepas vir iemand soos die 60-jarige Nico Smit wat al vir 25 jaar aan die 947 Ride Joburg deelneem.

Lees ook: Nedbank cyclists represented at annual Youth Festival

Vanjaar se wedren, wat ook een van Suid-Afrika se gewildste fietswedrenne is, is hul 26e weergawe (https://ridejoburg.co.za/).

Nico sê hy het besluit om die 947 Ride Joburg elke jaar, vir die laaste 26 jaar, aan te pak as ‘n manier om na die Comrades fiks te bly.
Hy het eers begin met duathlons in die winter en triathlons in die somer waar die 947 Ride Joburg deel is van sy voorbereiding vir die Ysterman Triathlon vroeg in die nuwe jaar.

“Om dit vir so lank te doen raak ‘n lewenswyse – jy kyk altyd op die fietsrykalender van watter wedrenne daar is en wat mens kan gebruik as voorbereiding.”

Volgens Nico begin hy gewoonlik met sy voorbereiding vir 947 Ride Joburg in Julie. Hy druk homself dan hard om in November reg te wees vir die wedren.

Lees ook: Attacks on cyclists on the increase – Pedal Power Association

“Met 25 jaar se deelname in die 947 Ride Joburg-resies leer jy baie mense ken. Partykeer, as jy gelukkig is, spring jy saam met bekendes weg in dieselfde groep.”

Nico se mooiste oomblik was toe hy die sub-3 kategorie broekskeur met twee sekondes voltooi het. Sy moeilikste resies was in 2019 omdat die roete daardie jaar verander het.

Hy het met ‘n glimlag verduidelik dat hy sal ophou om aan die 947 Ride Joburg deel te neem die dag wat hy nie meer sy been oor ‘n fiets kan lig nie.

“Terwyl die Liewe Heer my seën met goeie gesondheid sal ek op die fiets klim en ry.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button