Met nuwe skooltasse of op die rug of in die hand en skoolklere netjies gestryk het Laerskool Rapportryer sy nuwe groep graadeentjie-paddabeentjies verwelkom.
Lees ook: REM a hive of activity as school welcomes 2023 Grade 1’s
Op Dinsdag, 10 Januarie het talle ouers saam met hul kinders die klasse ingevaar waar hulle tonne foto’s van hul kinders geneem het en seker gemaak het hulle is gemaklik agter ‘n skoolbank.
Die ouers was baie trots en die kinders het sommer ook vinnig nuwe maats gemaak.
Die Herald kan beslis getuig dat Rappies se nuwe graad 1’s ongelooflik opgewonde was vir hierdie nuwe avontuur in hul skoolloopbaan.
Lees ook: Mixed bag of emotions for Avanté Grade 1s
“Om ‘n nuwe skooljaar te begin, veral graad 1 kan gewoonlik baie angs en onsekerheid bring maar hierdie groep was almal opgewonde om grootskool aan te pak!” het Herald-joernalis, Michelle Roodt gesê.
Sy het bygevoeg, “Die dogters en seuns het te oulik gelyk terwyl die hare of netjies vasgemaak of gejel was”.
Baie sterkte aan elke Rappies-leerder wat vanjaar met hulle skoolloopbaan begin!