KidsLocal newsPrimary SchoolSchools

Rappies se 2023 Graad 1’s meer as reg

Ouers was baie trots op hul graad 1's wat Dinsdag, 10 Januarie grootskool begin het.

Met nuwe skooltasse of op die rug of in die hand en skoolklere netjies gestryk het Laerskool Rapportryer sy nuwe groep graadeentjie-paddabeentjies verwelkom.

Lees ook: REM a hive of activity as school welcomes 2023 Grade 1’s

Danie, Danika en Welma Bam.
Boetie en sussie Juwan en Mi-Juan du Toit is opgewonde oor graad 1.
Divan Horn en Ethan Nel is reeds groot pelle.

Op Dinsdag, 10 Januarie het talle ouers saam met hul kinders die klasse ingevaar waar hulle tonne foto’s van hul kinders geneem het en seker gemaak het hulle is gemaklik agter ‘n skoolbank.

Die ouers was baie trots en die kinders het sommer ook vinnig nuwe maats gemaak.

Juanique Ras en Monique Ras gaan vir graad 1 wys hoe dit gedoen word.
Samantha Smit en Chante Smit lyk pragtig vir graad 1.
Xavian Scheepers en Leane Lubbe kan nie wag om te leer nie.

Die Herald kan beslis getuig dat Rappies se nuwe graad 1’s ongelooflik opgewonde was vir hierdie nuwe avontuur in hul skoolloopbaan.

Lees ook: Mixed bag of emotions for Avanté Grade 1s

“Om ‘n nuwe skooljaar te begin, veral graad 1 kan gewoonlik baie angs en onsekerheid bring maar hierdie groep was almal opgewonde om grootskool aan te pak!” het Herald-joernalis, Michelle Roodt gesê.

Sy het bygevoeg, “Die dogters en seuns het te oulik gelyk terwyl die hare of netjies vasgemaak of gejel was”.

Kellen Blaauw is reg vir grootskool saam met mamma Martinique Blaauw.
Janinne, Hendri, Gabriella en Zandrè Coetzee.
Anka Lourens en Ilonka Lourens is reg vir grootskool.

Baie sterkte aan elke Rappies-leerder wat vanjaar met hulle skoolloopbaan begin!

Monique, Johan en Janco Scholtz is reg vir graad 1.
Michelle, Edward en Kaylee Ehrke.
Hugo Human en mamma Lizelle.
Megan Coetzer en Ulandi Coetzer is opgewonde vir graad 1.
Shawn en Sandra Grobler is reg vir graad 1.
Alisha du Preez kan nie wag om te begin leer nie.

 

Related Articles

Back to top button