Groot opgewondenheid het geheers by Laerskool Randfontein toe die nuwe graad 1’s uiteindelik hul grootskool loopbaan op Dinsdag, 10 Januarie begin het.
Lees ook: KYK: Ram se nuwe Graad 1’s oor ‘grootskool’
Elke leerder was ekstaties om in hul klasse te wees en om hul nuwe klasmaats en onderwyser te begin leer ken. Hul eerste dag van skool het sommer met inkleurwerk afgeskop.
Lees ook: KYK: Grootskool … hier kom ons! — Rappies-Graad 1’s van 2023
Die kinders het te fraai gelyk in hul nuwe skoolklere en daar was nie ‘n haar uit plek nie. Elke graad1-leerder was vol glimlagte en daar was nie eens traantjie gepik tussen die leerders nie.
Sterkte aan elke leerder wat hulle skool loopbaan in 2023 begin!
You can read the full story on our App. Download it here.