Local newsPrimary SchoolSchools

‘Kyk mamma, ek is in graad 1’ – RAM

Laerskool Randfontein se graad 1-leerders was baie opgewonde om hul grootskool loopbaan te begin.

Groot opgewondenheid het geheers by Laerskool Randfontein toe die nuwe graad 1’s uiteindelik hul grootskool loopbaan op Dinsdag, 10 Januarie begin het.

Lees ook: KYK: Ram se nuwe Graad 1’s oor ‘grootskool’

Megan Reid en Chanri Kleingeld kan nie wag om te leer nie.
Mholi Mamba en Willow Stewart.
Barend Jacobs en Zayden Putter geniet die eerste dag van grootskool.

Elke leerder was ekstaties om in hul klasse te wees en om hul nuwe klasmaats en onderwyser te begin leer ken. Hul eerste dag van skool het sommer met inkleurwerk afgeskop.

Lees ook: KYK: Grootskool … hier kom ons! — Rappies-Graad 1’s van 2023

Juffrou Annatjie Erasmus en Landre van Zyl op die eerste dag van graad 1.
Liyabukwa Kalimashe kan nie wag om te leer nie.
Mia-Mary van Deventer is gereed vir hierdie nuwe hoofstuk.

Die kinders het te fraai gelyk in hul nuwe skoolklere en daar was nie ‘n haar uit plek nie. Elke graad1-leerder was vol glimlagte en daar was nie eens traantjie gepik tussen die leerders nie.

Sterkte aan elke leerder wat hulle skool loopbaan in 2023 begin!

Audrey Brits sien uit om haar skoolloopbaan te begin.
Ebrahim Ahmed en Bernard Rademeyer is baie opgewonde om in graad 1 te wees.
Shawntè Codison en Dylan van Deventer sien baie uit na graad 1.

 

Ilse Koen en Caitlin Grobler is klaar goeie maats.
Henco van Sitterd met talle skoolbehoeftes.

Related Articles

Back to top button