Motorfietsklubs gee terug aan RAM

Minderbevoorregte leerders van Laerskool Randfontein is uit hul sokkies bederf met geskenke danksy verskeie motorfietsklubs.

Dit was ‘n vroeë Kersfees vir die minderbevoorregte leerders van Laerskool Randfontein toe Kersvaders op ysterperde by die skool, op Dinsdag, 29 November, kom besoek aflê het.

Die motorfietsryers by Laerskool Randfontein.
Janke van den Heever, Pieter Naude en Barbara Naude van Scream motorfietsklub.

Daar was talle opgewonde leerders wat op die pawiljoen gesit en wag het om die motorfietsryers te sien. Toe die gebrul van die motofietse gehoor is, het die kinders hul harte uit geskreeu van blydskap.

Die motorfietsklubs wat betrokke was, was Naughty By Nature, Scream en Tenaz.

Hermanus du Toit, Piet Naude, Diane Matthews en Gert Krog.
Jaco Rothman is reg vir Kersfees met sy Kershoed.

Gert Krog, een van die organiseerders het vertel dat ander Wes-Randse motorfietsklubs ook betrokke was by die uitreik en dat dit die 10de jaar is dat hulle die leerders so bederf.

Geskenke is tydens die Santa Run ingesamel wat op Saterdag, 26 November by die Randfontein Rugbyklub gehou was.

Hermanus du Toit en Ivan Raaths van Tenaz motorfietsklub.
Die geskenke wat vir die RAM-leerders ingesamel was.

Juffrou Diane Matthews het vir die motorfietsryers en almal betrokke met hierdie projek bedank en sy het selfs ‘n heerlike tyd gehad toe sy op Gert se motorfiets om die veld gery het.

Diane Matthews se baie dankie vir Gert Krog.
President van Naughy By Nature Gert Krog praat met die skool se leerders.

Sommige van die leerders het ook ‘n rit op ‘n motorfiets om die veld geniet.

Juffrou Diane Matthews geniet die motorfietsrit saam met Gert Krog.

 

Exit mobile version