Kuns is in Connies-inwoner se bloed

Die 59-jarige Suzette Jansen se liefde vir kuns kom van haar ouers af.

Randpoort — Kuns is in hierdie Connie Mulder Sentrum-inwoner se bloed omdat sy al haar hele lewe lank kunstig is.

Die 59-jarige Suzette Jansen se liefde vir kuns kom van haar ouers af, en by die sentrum, waar sy al vir minstens vier jaar woon, maak sy die pragtigste items.

“Die ding wat vir my die lekkerste is van kuns is om kreatief te wees. Deur kuns by die sentrum te neem en vir die inwoners om sakgeld te maak deur hul kunswerke, is wonderlik.”

Sy het vertel dat in die nuwe jaar is haar droom om ‘n kuns- en geskenkwinkel oop te kan maak waar hul die kunswerke gaan verkoop.

“Elke item wat gemaak word is ‘n uitdaging, maar dit is lekker om elke kunswerk te maak.”

Volgens Suzette wil sy graag hê dat die gemeenskap die sentrum moet ondersteun en bystaan.

Exit mobile version