Fatman het bietjie dorp toe gekom! Die gewilde Afrikaanse sanger het op Sondag, 27 November talle inwoners vermaak tydens sy besoek en optrede by Intro Beach in Culemborg Park.
Een van die organiseerders, Dylan Grobler, het vertel dat die geleentheid aangebied was om die dorp bietjie bymekaar te kry vir ‘n kuier. Terwyl daar na Fatman se groot treffers soos Dorp Toe; O My Vy, Vuil Coke, Laat Ons Smyt geluister was, was dit ook ‘n dag van familiepret.
“Dit was ‘n groot sukses,” het hy gesê.
Volgens Dylan het Fatman ook talle grappies saam met die gehoor gemaak – nes hy kan.
Intro Beach gaan beslis volgende jaar weer vir Fatman by die vermaak-program betrek.
You can read the full story on our App. Download it here.