EntertainmentLocal news

Fatman dorp toe … hier in Randfontein!

Daar was lekker gekuier en gesing tydens Fatman se besoek by Intro Beach in Culemborg Park.

Fatman het bietjie dorp toe gekom! Die gewilde Afrikaanse sanger het op Sondag, 27 November talle inwoners vermaak tydens sy besoek en optrede by Intro Beach in Culemborg Park.

Agter: Mornè Pretorius, Dewaal Smit en Silvano Santos De Gouveia.
Voor: Jeanine Pretorius en Jessica Smit.
Bennie Hallet, Leandro Heyman van der Westhuizen en Dylan Grobler.
Bea Barnard, Lee-Zandri Barnard en Stefan Barnard geniet die vertoning as gesin.

Een van die organiseerders, Dylan Grobler, het vertel dat die geleentheid aangebied was om die dorp bietjie bymekaar te kry vir ‘n kuier. Terwyl daar na Fatman se groot treffers soos Dorp Toe; O My Vy, Vuil Coke, Laat Ons Smyt geluister was, was dit ook ‘n dag van familiepret.

Fatman in aksie.
Patrica Barter en Albert De Villiers geniet die middag.
Fatman besig tydens die vertoning.

“Dit was ‘n groot sukses,” het hy gesê.

Volgens Dylan het Fatman ook talle grappies saam met die gehoor gemaak – nes hy kan.

Intro Beach gaan beslis volgende jaar weer vir Fatman by die vermaak-program betrek.

Trevor Schultz, Angelique Schultz, Tyron Potgieter en Kyle Grovè.
Liana van der Merwe en Christo Swanepoel geniet die vertoning.
Juanita Kok, Shanique Lubbe, Audrey Trewick en Tristan Trewick.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button