EntertainmentHigh SchoolLocal news

Vroeë Kersfees by Riebeeckrand

Daar was 'n samekoms by Hoërskool Riebeeckrand om Kersliedere te sing voor Kersfees en die feesseisoen.

Daar was ‘n egte Kersfees-gevoel wat in die saal van Hoërskool Riebeeckrand geheers het op Saterdag-aand, 26 November tydens ‘n Kersliedere-aand. Dit alles te danke aan verskeie gemeentes wat deel is van die Ekumeniese-groep.

Hannelie Naude en Matt van Zyl.
Martie Erasmus besig om Stille Nag te sing.
Skenkings vir Door of Care and Safety.

Bemarker van die Kersliedere-aand, Enrico van Aswegen het vertel dat verskeie gemeentes hande bygesit het met hierdie projek om die wyer gemeenskap van Randfontein te bedien op ‘n feestelike manier en om Door of Care and Safety, wat hul vanjaar ondersteun het, blootstelling te gee.

Talle gemeenskapslede het bymekaargekom om Kersliedere saam te sing en skenkings te maak aan die nie-regeringsorganisasie wat na babas kyk totdat hul in ‘n huis geplaas kan word.

Stephen Aucamp sing en speel kitaar.
Talle gemeenskapslede het saam gekom om Kersliedere te sing.
Ben Scheepers en Trienie Scheepers.

“Dit was ‘n geseënde aand. Reën en beurtkrag het ‘n effense demper geplaas op bywoning maar ons is dankbaar vir almal wat die geleentheid bygewoon het, die borge asook Hoërskool Riebeeckrand vir hul ondersteuning.”

Talle bekende Kersliedere soos O Die Goeie Tyding; Die Heiland Is Gebore; Joy To The World; Kom, Alle Getroudes; Vrolik En Vol Vreugde; O Come All Ye Faithful; Stille Nag; Heilige Nag en vele meer was tydens die aand gesing.

“Ons sien uit om volgende jaar ‘n groter groep van ons gemeenskap te kan bedien. Nie net in Desembermaand met ‘n Carols by Candlelight nie, maar ook deur die loop van die jaar met ander projekte.”

Barry Snyman.

Deon Scheepers, Yolandi Scheepers, Nadine Scheepers en Deoné Scheepers.
Melissa Steyn en Jonathan Steyn geniet die kersliedere.
Barry Snyman.

Related Articles

Back to top button