Local newsPrimary School

Kersvader kom vroeg! En op ‘n motorfiets!

Talle motorfietsklubs het vir die 10de jaar minderbevoorregte kinders van Laerskool Rapportryer met geskenke bederf.

Kinders het op en af gespring van blydskap toe brullende motorfietsryers by Laerskool Rapportryer op Dinsdag, 29 November besoek afgelĆŖ het.

Die doel van die besoek was om Rappies se minderbevoorregte kinders met geskenke net voor die feesseisoen te verras.

Die motorfietse wat by die skool gestaan het.
Japie van der Westhuizen en Charmaine Visser.

Die motorfietsklubs wat betrokke was, was Naughty By Nature, Scream en Tenaz.

Onderwyser Gordon Taylor het met die leerders gesels en het ook die motorfietsryers wat die oggend moontlik gemaak het bedank vir alles wat hulle vir die leerders doen.

Gert Krog, Marinus de Beer, Piet Naude en Hermanus du Toit.
Ilonka Lourens en Andre Lourens.

Die leerders het na die tyd met opgewondenheid na die verskeie motorfietse gaan kyk.

Volgens Gert Krog, president van die Naughty by Nature-motorfietsklub is die geskenke tydens die Santa Run ingesamel wat op Saterdag, 26 November plaasgevind het.

Die motorfietsryers oppad na Laerskool Rapportryer.
Marinus de Beer, Julanda Olivier, Gert Krog, Hermanus du Toit en Piet Naude.

Motorfietsryers vanaf die hele Wes-Rand was ook betrokke gewees. Dit is diƩ jaar die 10de jaar dat die klubs hierdie wonderlike werk doen.

Meneer Gordon Taylor bedank vir Gert Krog en die res van die motorfietsryers.

Related Articles

Back to top button