Local news

Meer as 4 650 geskenkpakkies vir minderbevoorregtes danksy motorfietsklubs

Daar was onlangs 4 654 pakkies ingesamel tydens die jaarlikse Santa Run danksy verskeie motorfietsklubs.

Daar was vanjaar weer ‘n oorvloed van omgee tydens vanjaar se Santa Run wat op Saterdag, 26 November by Randfontein Rugbyklub plaasgevind het.

Gert Krog, president van die Naughty By Nature-motorfietsklub en een van die organiseerders het vertel dat vier klubs soos Naughty By Nature; Tenaz; Wicked Wheels en K9 Riders namens die West Rand Biker Association (WRBA) deel van die dag gevorm het.

Die Blaauws: Jaco, Stephanie, Jaco, Jutani en Anri.
Brenda Eloff van die Randwes DBV.

Dit was vanjaar die 17de jaar wat dit gehou is en daar was meer as 40 klubs teenwoordig.

Tydens die dag was daar verskeie stalletjies gewees wat mense kon geniet asook twee musiekgroepe wat opgetree het, ‘n waterpark, ‘n Color Run asook ‘n skou vir motors, motorfietse en die polisie se honde-eenheid.

Alan Ferguson, Trudie Ferguson, Valerie Oosthuizen en Nicky Oosthuizen.
Werner (Grizz) De Beer, Teddy en Naomi De Beer.

“Die Santa Run is gehou om vir minderbevoorregte kinders iets vir Kersfees te kan gee.”

Gert het verder verduidelik dat hulle op die dag meer as 4 650 geskenkpakkies, wat onder andere verskeie speelgoed insluit, ingesamel het wat dan uitgedeel gaan word vir nie-winsgewende organisasies, skole en hawelose kinders.

Flip Viljoen van Guardian Angels Bikers for Jesus.
Talle motorfietsryers het by die Randfontein Rugbyklub bymekaar gekom vir die jaarlikse Santa Run.

“Dit was ‘n groot sukses en kan ons deur hierdie projek baie glimlagte op kinders se gesigte sit.”

Michael Mileman, Charles De Meillon, Brett Gottscho en Greg Hesslewood van Soldiers For Jesus-motorfietsklub.
Ilonka Lourens van Naughty By Nature en Rusty Bruyns van K9 Riders.

Related Articles

Back to top button