Rappies se graad 7’s begin nuwe omgee-tradisie

'Elke graad 7-leerder het 'n boks ontvang wat hulle moes oortrek en met skoolklere vul. Hulle het dan hul drome vir hul toekoms neergeskryf' – organiseerder.

Die graad 7-leerders by Laerskool Rapportryer het onlangs ‘n nuwe tradisie by die skool begin deur ‘n projek genaamd ‘Boks jou klere – nie jou drome’.

Organiseerder van die projek, Hanneline Fifford het vertel dat dit ‘n projek van omgee en liefde is om die minderbevoorregte leerders in die skool te help.

“Elke graad 7-leerder het ‘n boks ontvang wat hulle moes oortrek en met skoolklere vul. Hulle het dan hul drome vir hul toekoms neergeskryf. Al die drome asook die volgende groepe se drome gaan in die voorportaal in ‘n boks bewaar word.”

Sy het verduidelik dat by Laerskool Rapportryer bou hulle aan hul leerders se toekoms deur tradisies te vestig wat omgee, liefde, respek, geloof en hoop verseker.

“Ons gee om vir elke leerder en droom saam groot. By Rappies word drome nie geboks nie. Ons hang ons drome in die wind sodat hulle kan leer vlieg.”

Die graad 7-leerders met hul bokse. Foto ingestuur.
Exit mobile version