Rioolprobleem na vyf dae opgelos

Joey van Zyl van Randfontein-Noord kan weer asem haal na haar rioolprobleem opgeklaar is.

‘n Familie wie se huis deur riool omring was sê die probleem is na vyf dae opgeklaar.

Lees ook: Huis omring deur riool

Die Herald het Sondag, 27 November berig hoe die 62-jarige Joey van Zyl op Maandag, 21 November wakker geword om te sien hoe haar hele agtererf in ‘n riool-swembad verander het. Daar het verskeie aaklige items oor haar erf gestrooi gelê weens riool wat opgestoot het.

“Die munisipaliteit het dieselfde middag [27 November] om 17:00 die probleem kom regmaak,” het Joey vertel.

Sy het verduidelik dat sy baie beter voel en dat hul dit alles ook skoongemaak het.

Rand-Wes Plaaslike Munisipaliteit-woordvoerder Phillip Montshiwa het bevestig dat hul in kennis gestel was van die blokkasie en het so spoedig as moontlik gewerk om die probleem uit te sorteer.

Exit mobile version