Huis omring deur riool

'Ons kan nie in sulke haglike toestande lewe nie. Dit is alles vrot' – inwoner van Randfontein-Noord.

Haar huis is omring deur riool en sy voel hulpeloos. Dit is die probleem waarmee ‘n plaaslike inwoner tans sit.

Die 62-jarige Joey van Zyl het op Maandag, 21 November wakker geword om te sien hoe haar hele agtererf in ‘n riool-swembad verander het. Daar lê sanitêre doekies, kondome, hare, plastieksakke en ander verskeie aaklige items oor haar erf gestrooi weens riool wat opgestoot het.

Joey van Zyl se agtertuin is heeltemal vol rioolwater.
Die riool loop om haar hele erf.

Sy het die probleem dieselfde dag nog gerapporteer maar niks was gedoen nie, daar was net blykbaar vir haar gesê dat daar nie diesel is nie. Joey het Woensdag, 23 November self na die munisipaliteit se kantore gegaan en vir hul gesê dat sy self die diesel sal verskaf as hul net kan uitkom en die probleem regmaak.

“Dit gaan nou al aan vir vyf dae, die is baie onhigiënies. Ek het al ongeveer ses nommers geskakel en sit nogsteeds met hierdie haglike probleem.”

Joey van Zyl is moedeloos vir riool wat al minstens vyf dae in haar erf uitstoot.
Joey van Zyl staar na die riool wat in haar erf lê.

Al wat daar vir haar gesê word is dat sy geduldig moet bly want daar is nie kontrakteurs of diesel nie.

“Ek het aangebied om diesel te gee, toe word dit geweier, ek het ook aangebied om die mense op te laai en hulle te bring na my huis toe. Ons kan nie in sulke haglike toestande lewe nie. Dit is alles vrot.”

Joey se kleinkinders kom kuier soms vir haar en sy het ‘n hond wat nou glad nie in die erf kan rondloop nie.

“Dit is glad nie reg nie. Ek het ook ‘n privaat persoon gebel en sou R850 gemors het, want hy sou niks kan doen nie want dit is nie sy plek nie.”

Sy het verduidelik dat sy nie meer weet watter kant toe nie, en dat daar nie antwoorde gegee word nie.

Die riool loop om haar hele erf.
Joey van Zyl is moedeloos vir riool wat al minstens vyf dae in haar erf uitstoot.

“Mense stuur jou rond en wil niks met dit te doen hê nie. Ons betaal altyd ons rekening maar daar kan nie vir ons diens gegee word nie”.

Die munisipaliteit is genader vir kommentaar oor die situasie.

Joey van Zyl se agtertuin is heeltemal vol rioolwater.
Die riool loop om haar hele erf.
Joey van Zyl se agtertuin is heeltemal vol rioolwater.
Die riool loop om haar hele erf.
Sanitêre doekies lê die hele plek vol.
Exit mobile version